Domkerk van Speyer* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die Domkerk van Speyer soos vanaf die suide gesien. | |
Posisie van die Domkerk van Speyer in Duitsland | |
Koördinate: 49°19′02″N 08°26′33″O / 49.31722°N 8.44250°O | |
Lande | Duitsland |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ii |
Verwysings | 168 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1981 (5de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Domkerk van Speyer (amptelik Domkirche St. Maria und St. Stephan) is die katedraalkerk van die Rooms-Katolieke diosese Speyer. Ná die vernietiging van die Franse abdy Cluny is die domkerk in Speyer in die Duitse deelstaat Rynland-Palts die wêreld se grootste bewaarde Romaanse kerkgebou. Dit is in 1981 as UNESCO-wêrelderfenis gelys en is daarnaas 'n beskermde kultuurgoed volgens die Haagse Konvensie.